3241…Afrikaans weer gevind
ek het jou weer gekry
die soetse taal
vanaf moederskoot
die soetse woord
die soepelste lyf
jy kan buig
om te wys wat ons sê
jong tongval
jou aksent
saak nie
hoe jy woorde ryg
twee uit tien
is koringkorrels
die res kaf
wat die wind verstrooi
die goeie saad
val waar die dik
kompos is
die groen halms wieg
in die somerwind
ryp en vry
die oes tien uit tien
AFRIKAANS
jy bloei
en blom
die wind verstrooi
Leave a Reply
Be the First to Comment!