3244…As ons kon sou ons sand van die tyd wou keer
maar dit glip tussen
ons vingers deur
ons strek ons hande uit
na wat woes is na wat wild is
ons gryp ‘n plesiertjie
hier en daar
die liefde glip
tussen ons vingers deur
ons gryp en vang
‘n handvol sonde
dit kruip teen
ons arms op
tot in ons harte
waar dit verwoesting saai
waarom gryp ons nie
die kruisboek vas nie
is dit vervelig om te lees
geen hyg geen erotika
maar het jy Hooglied
al beleef
dit is hemels meer
as wat jy kan dink
in die kruisboek
het die reis begin
ek kan skryf tot
in ewigheid
duisende sandkorrels
verder
Leave a Reply
Be the First to Comment!