3260…Die nagseer
elke nag hoor ek
die rou snikke
dit bedaar eers net
voor middernag
ek kan nie verstaan
waarom vrouens
so kan huil nie
dit gebeur elke keer
as my pa saam met
olaf bergh gekuier het
ek het myself belowe
as ek eendag ‘n vrou het
dan sal ek net
lief wees vir haar
ek sal vir haar tee maak
en haar rug vryf
en sagte woorde
in haar oor fluister
haar lag sal weerklink
haar blydskap
my beloning
Leave a Reply
Be the First to Comment!