3266…Ooievaar stories
hy sit en staar na
sneeubedekte berge
sy bek krom van
al die babas dra
twee nekwerwels
het al geskuif
sy oog traan
hy dink aan sy
jong dae
aan die baie werk
om vir die ooievaartjies
te kon sorg
die kompetisie was straf
hy het troues bygewoon
om die adresse te kry
nege maande later
het hy begin aflewer
nuwelinge is veilig besorg
en bestellings is geneem
vir die opvolg besoeke
die ou ooievaar sug
en tuur na die berge
sy bleskop blink
in die flou aandson
Leave a Reply
Be the First to Comment!