3298…Fortuin vertel

3298…Fortuin vertel

Die plooie in my hand
vertel die waarheid

die een tussen
my vingers deur
dis waar ek haar
deur my vingers
laat glip het

die een hier
teen my pols af
dit is my probeer
nie opgee plooi

solank ek aanhou klim
gebeur die lewe
die plooie op die vingers
vertel van vasvat

die kringe op my vingers
vertel waar ek vat
‘n bietjie verweer al
maar laat nog spoor

maar nog meer
van die toekoms
lê in my hand

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz