3299…Windkind stormwind (vir Rools en Anemos)
Toe ek die laaste sandkorrel
uit my oë vee
toe staan jy daar
uitgevat en netjies
gedress
op die wind se vlerke
het jy gereis
ure lank het ons
in die sandput gespeel
gelag en gehuil
van geheime gefaal
hartseer gedeel
‘n mens band gevorm
wat daar sal wees
totdat die laaste korrel
van die duin
verdwyn
Leave a Reply
Be the First to Comment!