jy het kom kuier
waar jy is
hoort jy nie
tyd het ons gedeel
tyd is verby
saam gelag
saam gewonder
hoe sou die pad geloop het
as jy nie 30 jaar gelede
woestyn toe gevlug het nie
jou trane spoel
die drie sandkorrrels
van jou wang af
jy het afskeid geneem
jy is nou
by my
Leave a Reply
Be the First to Comment!