Dis Heerlike Lengte

Dis Heerlike Lengte

die winter is verby
die lewe se kringloop begin

die bloeisels word forseer
uit die droe takke
en wag om bevrug te word

die man vinke
is geteer en geveer

en kompeteer om nuwe
twee verdieping neste te bou

die bye gaan van blom tot blom
en versprei die gene

en jy, ja jy
staan op die kant
van die lewe

en wag op die by

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz