3260…Die oseaan van die lewe

3260…Die oseaan van die lewe

spoel die sand
onder jou voete uit

sonder keuse
sluk ons soutwater

ons speel met die kreef
jaag die soles

laat die ontelbare skulpies
deur ons vingers glip

die oseaan van die lewe
spoel oor ons sonder keuse

in die see van die lewe
moet ons swem

al is die branders
ookal hoe hoog

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz