3269…Die lewensboek het nog baie skoon blaaie
elke dag skryf ek
‘n bladsy
soms skryf ek met vulpen
versigtig om nie te klad
soms skryf ek met ‘n rolpuntpen
was ‘n lekker jol gewees
soms skryf ek in rooi
was amper in die kaka gewees
soms skryf ek in groen
het ‘n boom geplant en gras gesny
soms skryf ek in blou
dit was nie ‘n goeie dag
ek is flou
ek skryf ook in potlood
sodat ek die mistykies
kan uitvee
my boek se blaaie al verweer
my pen se ink amper op
maar die liewe son
skyn nog steeds op my
ek het ‘n plek in die son
Leave a Reply
Be the First to Comment!