3277…Die skaap blêr

3277…Die skaap blêr

wanhopig wanneer die
lemme naderkom
sy kop word
agteroor geforseer

die lemme skree skril
van ‘n tekort aan olie

die eerste vag wol
plons op die vloer

die skaap slaag ‘n sug
van verligting

hierdie jaar het hulle
net wol kom vat

verlede jaar was die jaar
van die mes gewees

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz