3406…Minnelied van die lente
die tarentale tjiep tjiep
hier op die gholfbaan
die brulpaddas
brul uitlokkend in die vlei
die nagvoël hardloop langbeen
fluit fluit die nag in
nou sit die tarentale tak hoog
tevrede skuif skuif teenmekaar
die brulpadas is stil
die brul geblus
die nagvoël draf stil stil
in die skemer
net mensekind sit stil
en wonder waarom
kan die natuur nie
sy gang gaan
Leave a Reply
Be the First to Comment!