3424…My strooipop
jou lyf druk ek
saggies kreun jou vesels
as ek jou nek neus
dan ruik ek die son
vars en droog is jy
liefderik streel ek jou hare
‘n paar strooitjies val uit
sag moet ek wees
met my strooipop
naby my is jy
geluidloos om my
jou ligpunt swart oë
volg my
waarom het ek eers
na 20 jaar uitgevind
dat ‘n strooipop
ook ‘n hart het
Leave a Reply
Be the First to Comment!