3478…Die gasvrou

3478…Die gasvrou

sy nooi my vriendelik in
en vra uit

na my familie
en die nuwe jaguar

na die jaguar het ek
my meisie verneuk

na die 6de whiskey
lomer ek

die reuk van LPG gas
word sterk in my neus

die kers flikker
die gasvrou is weg
ek ontsnap amper te laat

oorkant die straat
lag my meisie
en trek rookband weg

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz