Robelle goue hart
Jy is hier
maar ek sien jou nie
jy is hier
maar jou warmte
voel ek nie
jy is hier
jou warm lag
weerklink oor die
vlaktes
jou blink praat oë
jou kekkelbek
jou goue hart
was altyd orals
nou is jy stil
maar nie weg nie
as ek my oë toemaak
is jy terug hier by my
jou mens, jou gees
sal vir ewig lewe
as ek opkyk sien
ek ‘n nuwe ster
die honde is stil
vanaand
liefste Robella
ek ook
Leave a Reply
Be the First to Comment!