3495…Hoe dit moes gewees het
dit is te laat
om jammer te speel
almal hou net
van goeie nuus
nou vertel ek
hoe dit gaan wees
op die R25 by die
Modderfontein afrit
het ek om die robotte
die grond skoongemaak
en kosmos gesaai
ons wag angstig
dit was ‘n week gelede
die klein groen kosmossies
begin hul kop uit te steek
op 30 Januarie 2011
sal die pink, wit
en purper hulle koppe swaai
en vrolik sing vir elke moeg oog
dit kosmosniks om te glimlag
dit is soos dit moes gewees het
kyk en glo
Leave a Reply
Be the First to Comment!