3519…Gesorg versorg besorg
so was ek al die jare
maar jou hart
het nooit geblom nie
ek het verby jou gekyk
teen die verlate koppies vas
in die verte sien ek die lewe
die wit amarok kom aangestorm
en gooi ‘n wal grond met sy gat
se draai
dis die lewe waarop ek
gewag het, besef sy
koorsagtig pak sy ‘n paar
stukkies klere in
voordat die amarok kan spin
was sy op die bak
op pad na die nuwe lewe
die swart kraai vlieg
skreeuend agterna
Leave a Reply
Be the First to Comment!