Om te lieg is ‘n sonde
sê sy vir my
soos my ma ook
altyd gesê het
die woorde weerklink
my lewe 'n leuen
ek sien nie customers
maar girls
ek kry nie twintigduisend
maar tien
ek is nie 'n baas nie
maar 'n klerk
ek eet peppermente
om die dampe te demp
sy het my uitgesluit
eks 'n drankverslaafde
'n lieg kan nie
'n lieg uitwis nie
lieg op lieg
Leave a Reply
Be the First to Comment!