Pennevrugte

Pennevrugte

ek click my click bic
en begin skryf

ek skryf 'n appelliefie
en eet dit op
soetsmaak pitjies en al

honger is ek nog
en skryf 'n pruim
suur spoeg ek dit

honger is ek nog
my bic rol oor die A4

ek skryf 'n appelkoos
rooiwang en smaak so lekker

honger is ek nog
voordat ek kan skryf

rol die appel
oor die blad

Eva glimlag
en click die bic

en sê
daar word nou nie
meer geskryf nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz