Die Suid Afrikaanse Polisie – Almal is nie korrup nie

Die Suid Afrikaanse Polisie – Almal is nie korrup nie

Ek voel ek moet my ondervinding deel , daar is sekerlik ook die geleentyd om ook gemeenskapsdiens te verrig . (Ek skryf dit nie om enige punte te verdien , ek gee erkenning )

Ek het n ernstige geval van bedrog in my besigheid ontdek in in Jan 2010,
Ek het die saak by die Sebenza SAP aangemeld,binne 3 ure het ek n saaknommer gekry , binne 3 dae het n speurder my gekontak ,na 3 konsultasies  was die saak na die Germiston bedrog tak verwys . binne 4 dae het n senior speurder my gekontak, hy was baie bevoegd en het n goeie kennis van finansiele bedrogsake gehad , die verdagte is op 23 Feb 2011 gearresteer , ek het die saak eers in Okt 2010 aangemeld aangesien daar geweldig baie navorsing was . Daar is seker baie ongerymthede in hoer kringe , maar die manne op die grond volgens my ondervinding doen hulle werk . Op 10 Des 2010 het ek vir die speurders platters eetgoed geneem , nadat ons die kos afgelewer het , was daar 35 polisie lede wat kom deel het , ek het toe die geleentheid gehad om almal te vertel van die goeie diens , die waardering was ongekend , almal kritiseer net ! Die kantoor waarin die speurders was ,was 25 jaar gelede geverf , dit was toe groen ,oranje ,en roomkleurig geverf , kamoefleer kleure , uiters onaangenaam, ek onderneem toe om die kantoor uit te verf ( Te restoureer moes ek toe agterkom )op 22 en 23 Jan het ons toe die belofte nagekom , nuwe blindings , 3 lae verf op die plafon en mure het toe n ligte professionele kantoor geskep die sondag 17.30 het ek moeg maar warmhart daar uitgestap , van my werknemers het gehelp . My dankbaar gemeenskapsdiens het n merk gemaak . As ons kan help kan ons n beter wereld skep. Groete
Attie van den Bergh

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz