Die sanger
Die duiwel speel kitaar
stywe jeans skeurknie
roep hy hulle
wat verlang
wat benodig
liefde en begrip
dit is almal van ons
party kan nie die
roep weerstaan nie
die sanger begin sing
van ware liefde
enige liefde
eensame harte
beloofde land
die mense skreeu
meer en meer
hy stap tussen hulle
vat hier en daar
'n honderd
terug op die verhoog
sien hy 100 blink gesigte
sy lyf krul
sy pelvis girate
die duiwel glimlag
en breek die snare
100 sal vannag
sy kinders word
Leave a Reply
Be the First to Comment!