Ceaser sit op sy troon

Ceaser sit op sy troon

in Rome
die spil van die heelal

musiek vir sy jare
weergalm in die paleisgange

hy het twee meisies
vir elke generaal gereël
dit bevorder losbandigheid

die tromme verdwerg
die rommel van die dragtige wolke

druppels plas
en word strome

die mal Noag
kom met sy groot boot
en verkoop kaartjies

hulle lag hom uit
moerig draai hy om en sê

as die wyn op is
is daar genoeg water

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz