Sosiale vlinder
sy praat met haar lyf
kan nie haar bekkie hou nie
maak 'n krater
van haar hier en daar
maar vlinder voort ongeag
haar lyf haar bate
die oë volg
en begeer
maar die mannemoed
om te traai ontbreek
sy is egter lus vir sport
en vra watter kar
die boepens rekenmeester
met die 1980 afslaankap bmw
vat haar huistoe
hy wou met iemand praat
die volgende dag
het hy 4kg verloor
en sy bril was gebuig
Leave a Reply
Be the First to Comment!