Ons kom om fees te vier
voor my deur
staan 3 koggelmanders
voor my deur
staan 3 krieke
voor my deur
staan 3 hadidas
voor my deur
staan 3 tortelduiwe
ek nooi almal in
vanaand gaan ons fees vier
die krieke maak orkes
speel al die veld is vrolik
die koggelmanders
koggel hulle uit
die brulpaddas kwaak
die wereld wakker
net die reiers klap hande
die hadidas is honger
en pluk wurms uit die gras
die tortelduiwe koer
70 mannetjies land op die gras
die dierekoor was
nog nooit so gehoor
ons het gekom
om fees te vier
Leave a Reply
Be the First to Comment!