Jy is dierbaar

Jy is dierbaar

Sê sy
en piksoentjie hom op die wang

sy gedagtes maalkolk
hy het so verlang

al daardie jare in die vierkant
hy mag nie toelaat

dat liefde sy lewe binnekom nie

van seermaak het hy genoeg

hy staan op

draai om

en stap weg

weg van die seer
waarvan hy weet

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz