Wat n lekker happie
sê die vlieg terwyl hy
die muggie se ribbetjie braai
wat n lekker happie sê die tintinkie
en pik die vlieg
wat n lekker happie se die laksman
en vreet tintinkie
valk vreet vir laksman
arend vreet vir valk
so al met die soustrein langs
maar vir jou my lief
vreet ek enige tyd
Leave a Reply
Be the First to Comment!