Windowshopping…4175
ons stap in emosie straat
waar die groot vensters weerkaats
die girl met die lae hals
stap twee twee die straat af
haar tande glinster dubbel
in hormoonland
ons is nog jonk
en hys die vlag
die ou met die low rise jeans
weerkaats sexy
hy ril die girls
van ouer emosieland
bly ons weg
die traanrivier vertel te veel
van die toekoms seer
Leave a Reply
Be the First to Comment!