die doves van jorrison straat……4181

die doves van jorrison straat……4181

is n besige plek

lang slap swart motors kom en gaan

duur blink kiste op wiele
gly geluidloos verby

rou snikke skeur die lug
wanneer die dooies verbygaan

die koue winterwind
vee die roosblare van die kiste af

die lakeie staan roerloos
en knip nie n oog nie

20 shows per week
hulle is gatvol
en hou nie eers n jaar nie

die doodsgestrykte gesigte
vertrek toelip en smile nie

doves van jorrison straat
wag vir almal

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz