Hart van herfs……4197
dae van geluk knak
en waai weg
die vergetelheid in
die herfsblare sterf
die boodskappe daarop geskryf
verweer verkleur droog gekraak
onleesbaar
ongelees soos baie
sy sit aan die rand van die dam
en skeur die somer se briefies aan stukke
stukkies bladsy meng met die blare
en styg saam met die stofwind
sy ween bitterlik
die mooi woorde weg
sy is leeg vir die nuwe somer
Leave a Reply
Be the First to Comment!