Die jong bul ….staan hygend….met bloedsnot ….aan sy snoet ….4276
sy rooibloed oe
weerkaats vrees
hy staar
na die astrante jong Matador
vele kere het hy gestorm
en die rooi vlag gemis
nou weet hy waar om te mik
hy storm en mik
vir die linker blinkleer kamas
die matador tol deur die lug
en plof
doodstil in die stof
die jong bul stap nader
en sien sy pa se naam
op die blinkleer kamas
Leave a Reply
Be the First to Comment!