Toe ek jou in die kombuis gesoen het
was jy mosbolletjie sag
jou glinster lippe
lokkend
maar hier in die sitkamer
was jy regop meisie
jou tee styflip gedrink
jou ma het my uitgevra
wie is jy wat doen jy
wie is jou pa en ma
maar later buite die huis
was jy weer
mosbolletjie sag
ek weet nou
dat jy my speelmaat
gaan wees
Leave a Reply
Be the First to Comment!