Laatjaar Liefde

Laatjaar Liefde

die ou boom stut homself
met n droe tak

dit is lente hy weet dit is
sy laaste blomkans

al die jare se koesterblomme
haal hy uit om te pronk

om vrug te dra
vir die laaste jaar

die ou boom glimlag
terwyl hy kreun
onder sy liefdesafskeid groet

God glimlag

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz