Eerste keer lewe……4213

Eerste keer lewe……4213

jou lyf spasma
so het ek jou gekry

stil stom roloog
bang

jou mondhoeke trek trek
n glimlag het ek gehanswors

jou slaphand se vingers
begin weer lewe

moeisaam stap ons op sand
waarom rol die see terug
is dit bang het jy gevra

die skuimperde waai teen jou gesig
vir die eerste keer ontsnap

lewe
jy lag

dankie God
sy is terug

nou weet ek
U is hier

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz