Die woestynwind waai
weer sand
in my oe vanaand
waarom sit ek hier
rooioog en wag
as ek die stil duine sien
in die dag se lig
die sand kartelings
golf op golf
dan dink ek
die lewe moet ook so
georden wees
maar ons is mens
die sand waai
en die duin verskuif
vandag is ons nie meer
soos gister nie
want die wind waai
anders
is dit beter
Leave a Reply
Be the First to Comment!