By die kruis …By die kruis

By die kruis …By die kruis

sit n ou vrou
slegs n dun kleed

beskerm haar
teen die vries woestynwind

die romeinse soldate
ignoreer haar

sy is skadeloos
sê hulle vir hulself

hier aan die voet van die kruis
bid sy …. die ouma van Jesus

sy hoor die geween
van maria en die ander

sy weet dat sy nader
aan God is as hulle

haar sterfdag is naby
wat kan sy tog doen

sy glimlag alwetend

hoe nader jy aan jou dood is
hoe nader is jy aan God

natuurlik
AS jy God ken

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz