Wintertyd

Wintertyd

die ou oom sidder
hy het baie winters al oorleef

gaan die winter pyle sy hart tref
lang taai trane drup teen sy stam af

sy blare kinders van gister
tuimel grondwaarts

die ou boom strek
sy takke hemelwaarts

en bid
vir nog n winter

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz