die lang maer vlieswolkies
plat getimmer deur die harde dag
sweef stil
agter godson aan
vanaand wanneer koning son
oor ligberg gly na donkerland
koue kant van donkerberg
dan spring hulle
in sy bed
las mekaar
n lappies kombers
vir sonkoning
om sy hart warm te hou
Leave a Reply
Be the First to Comment!