Vandag verjaar sy
en vanaand is dit volmaan
so vol soos ek
maande gelede gesien het
stadig het die maan gekantel
en die maanlig het uitgeloop
net n sekelmaan het oorgebly
sal die maan weer na die anderkant toe
kantel
wie weet
waarmee word die holtes
van my hart gevul
die maan kantel
altyd
Leave a Reply
Be the First to Comment!