Droomvrou
in die oggend
as jou wimpers
nog deurmekaar is
is jy op jou mooiste
wanneer die sag van droomland
nog in jou oe is
en klaasvakie se droomsand
nog op jou wang lê
dan dink ek met dankbaarheid
daardie onweersdae
toe ons bang was
toe ons onder die kleed
van genade kon skuil
daar sonder sou ons nie vandag
saam kon gesnoesel het nie
die dag toe ek bang was
gooi jy my met n hand
vol sonstrale
en n liefdes lag
as ek jou soen
lees ek jou oe
dan smelt jy soos
die aarbei roomys
wat ons lank gelede
langs die swembad geniet het
Leave a Reply
Be the First to Comment!