Die boom skreeu

Die boom skreeu

boom skreeu paniek bevange
arms uitgestrek

mond vertrek van die pyn
stukkies bas tuimel na benede

die regteroog toegeswel
die linkeroog staar

star na die hemel

God is daar nie meer genade
vir n ou boom soos ek

my blare kan nog yl skadu gooi
en ook die grond bevrug

die wind kan nog
deur my takke sing

die lied van die liefde

God gee my nog n paar jare
om lief te he

die manne met die byle glimlag
ons gaan 500 kiste hieruit kry

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz