Imperial pleasure

Imperial pleasure

Ceaser sit op sy troon in Rome
die spil van die heelal

hulle vier n oorwinning

outydse musiek weergalm
in die paleisgange

hy het twee meisies
vir elke general gereel

die wyn vloei
die musikante straf die instrumente

die tromme verdwerg
die donder van die donkerblou dragtige wolke

groot druppels plas
en word strome

die mal Noag kom met sy groot boot aangeroei
hulle lag hom uit

hy draai moerig om en se
as die wyn op is

sal daar genoeg water wees

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz