A perfect fit

A perfect fit

Gisteraand op die paartie
was hy captain morgan

sy het sletsappies gedrink

hulle het saam gejive
saam gerock
saam binne die boud gedans

a perfect fit

vanoggend word sy wakker
hondasem le hy sweetlyf langs haar
die captain gone

langs hom le sy fruitsalad
deurmekaar babbelaas

maskara en liprooi gemix

die ongebruikte kondoom

le op die vloer

dit was nie gefit nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz