Aan al die rokers ,die stokers ,die hortendes
Camel dung ..duiwelskos
die rook krul luilekker
en styg helwaarts
die senustelsel word verwar
die brongitale pype
vervoer die teer
wat wynvate dig maak
die reuksentrum verwoes
borsvlies ontsteking die gevaar
die hartklep lek
versekering word verwerp op 40
jou mond smaak soos n longdrop
jy praat k.. en vervreem jou maat
jy praat diktong
jou tanne is geel
wat jy nie weet nie is
dat jy elke dag n paaiement betaal
op jou yster long
die regering belas
julle arme drommels
en se ons hoop
julle hou aan om te rook
Leave a Reply
Be the First to Comment!