Alleen in die skare
Om my druis die stemme
kinderstemme,vrouestemme,dronkgatstemme
sweet, ka ka doeke en parfuum
sweef om my rond
lag vloek en huil
ek deel nie
die dames kyk verby
ek bestaan nie
waarom sien niemand
my raak nie
waarom praat niemand
met my nie
ekisalleenopdiewereld
ekisalleen
in my wereld
Leave a Reply
Be the First to Comment!