Annetjie Parfuum
Kleindogtertjie waggelend
het sy ma se parfuum gespuit
hond en kat
het haar vermy
op vyf was dit liprooi
en poeierlyf
op sewe het sy
haar verjaarsdag partytjie
gevier met n bottel First
van cleef en arpels in sy moer
sy kon nie ma se kwaad verstaan
sy het die smartste ouens gehad
vandag nog
as ek perskebloeisels ruik
as ek varsgesnyde lusern ruik
as ek die reuk van vars natgereende
appelkose ruik ..dan
dink ek hartseer terug
aan …Annetjie Parfuum
Leave a Reply
Be the First to Comment!