As die klipdrift my hart omvou

As die klipdrift my hart omvou

is daar niks warmer nie
is daar niemand anders
met wie ek wil praat nie

sy waag dit nie meer
om my te kritiseer

sy weet al lankal
dat een bottel nie
genoeg is nie
die wêreld om my vervaag

ek sien nie hoe sy
na die winkel toe stap nie

haar klere sit styf
van al die stysel eet

sy kinders speel gelukkig
in die armste skool

kinders verstaan nie
hierdie dinge nie

na 'n half bottel
sit ek nader aan my vrou
haar worry lyne kreukel

moenie worry nie sê ek
ons sal die wa
deur die drif trek

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz