as n vrou mooi wil lyk!
moet sy in die spieël kyk
moet sy na die rimpeltjies kyk
n ou bottel cabernet
smaak baie lekkerder
as n pronkbek jongeling
as die kuilkies diep is
hoe dieper die kuil
hoe soeter die water
sy glimlag
want sy weet
wanneer om die petrol te trap
wanneer om die briek te trap
sy glimlag
sy het nog nie voorheen
raakgesien
al die juwele
in haar kis
Leave a Reply
Be the First to Comment!