3503…Dig
jy kan skryf jy kan woorde rangskik wat lag wat huil wat haat wat lief wat dors wat begeer wat beklem jy kan dit dig verseël in ‘n fles vaskluister en op die rak sit rookdig, klankdig, lugdig om te fermenteer maar as jy die deksel oopdraai dan word jy oorweldig deur liefde deur wysheid …