3247…Die vlieswolke le naak op die horison
en wag vir vader son om bed toe te kom vanaand gaan sy hom verlei Liked it? Share it please …
3246…Smart Smarter Smarties
‘n hele boks vol smarties op die vloer uitgemoer watter kleur gaan jy eerste optel en vreet die geles is nie meer heles die rooies is die mooies ons lek lip die rooi lipstiffie omkring ‘n honger mond die groenes is komkommer kleur en blus die lus Liked it? Share it please …
3244…ons albei het geweet
Ons albei het besef daar was ‘n tekort in ons lewens maar ons was nie bewus van mekaar gewees nie sy: het nie troetel en vashou gekry nie hy: het nie sy man reg gekry nie toe ontmoet hulle en besef hulle het ‘n tekort gehad saamsmelt was die enigste opsie Liked it? Share it …
3243…Die kaalgat perskeboom
Takke uitgestrek die winter deurgewag uit die kaal dor takke spruit die eerste bloeisels wie kan die lewe keer behalwe om die boom afkap te versmoor die blare volg die bloeisels om weer perskeboom te word wie van ons kan die lewe keer eet van die vrugte Liked it? Share it please …
3242…Sonneblom wieg
in die aandwind pasop pasop pasop die motoriste kyk en geniet die sonneblom land aandag afgetrek in verkeerde baan die vragmotor verfrommel die sonneblomme se baas het aandele in die panelbeater in die hospitaal in die begrafnisondernemer Liked it? Share it please …