1967…Jy is my muurpapier
jou foto’s op vyf jaar pryk in die linkerhoek jou foto’s van tien jaar links onder jou foto’s van elf jaar middel bo jou foto’s van agtien alles in die middel jou lag, jou vonkel jou roeplyf alles daar ons troufoto’s regs bo my en jou se laaste lagfoto’s regs middel die regterhoek bly leeg …